Soorte resepte:

Resep: Kamma-soesji-broodjie

Kamma-soesji-broodjie (Foto: Lapa-uitgewers)

Ietsie vinnig en ideaal vir jou kosblik!

Lewer 4 x 50 g

Aanbevole porsiegrootte: 50 g (1-2 broodsnye se rolletjies)

Bestanddele

4 snye lae-GI-brood
20 ml laevetmayonnaise
4 snytjies gekookte ham
4 dun komkommer- of agurtjierepies
4 dun soetrissie- of wortelrepies

Metode

  1. Sny die broodkorsies af. Rol die korslose broodsnye met ’n deegroller plat.
  2. Smeer 5 ml mayonnaise op ’n sny brood.
  3. Plaas 1 snytjie ham bo-op die mayonnaise. Laat die ham effens oor die rand van die brood steek.
  4. Plaas 1 repie van elke groentesoort aan die bopunt van die ham wat oorsteek.
  5. Rol die broodjie in ’n stywe rolletjie op met die groenterepies binne-in.
  6. Sny die broodrolletjie in soesji-breedte wieletjies. Draai dit plat sodat dit soos soesji lyk.
  7. Herhaal met die ander broodsnye.

Bron: Gesonde Kosblikke

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.