Bestanddele:
1 pak bruismeel (500 g)
5 ml sout (1 t)
1 blik geroomde suikermielies (410 g)
2 eiers
60 ml melk (¼ k)
25 ml kookolie (2 e)
Metode:
1. Stel oond op 190°C (375°F).
2. Smeer ‘n kleinerige broodpannetjie.
3. Sif bruismeel en sout saam.
4. Voeg suikermielies by.
5. Klits eiers, melk en kookolie saam en voeg ook by.
6. Sny mielies en vloeistof met ‘n mes in tot goed gemeng.
7. Skep deeg in pan, maak bo-op gelyk en bak sowat 45 minute of tot deurgebak.
WENK: Gesny en met botter gesmeer is die broodjie baie lekker saam met braaivleis.
Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636