Bestanddele:
1 Franse brood of
6 broodrolletjies
1 knoffelhuisie
botter gegeur met Aromat
gerasperde kaas
Metode:
1. Sny die knoffel in die helfte deur en vryf met die gesnyde kant oor die hele brood of oor die rolletjies.
2. Sny die brood of rolletjies in 2.5 cm (1 duim) snye, maar moenie die snye heeltemal deursny nie. Laat ‘n kors van ongeveer 1 cm (¼ duim) onder.
3. Smeer heelwat botter tussen die snye en voeg gerasperde kaas in en rol die brood of rolletjies in foelie toe.
4. Plaas in die lou oond of tussen kole en laat dit goed warm word.
Resep: Mollie de Witt
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636