Soorte resepte:

[Resep] Koemkwat-marmelade

koemkwart-marmelade

Koemkwat-marmelade Foto: Bottel en gebruik

Vir ’n bietjie variasie, voeg sowat 50 ml lemoenlikeur heel laaste by net voordat dit gebottel word.

Lewer ± 1,75 kg

Bestanddele:

  • 1 kg koemkwats, gehalveer
  • 1,25 l water
  • 30 ml suurlemoensap
  • 1,25 kg suiker

Metode:

  1. Verwyder die koemkwatpitte en bind dit toe in ’n moeseliendoek.
  2. Sny die koemkwats in dun repies en plaas dit in ’n groot bak saam met die moeseliendoek en water. Plaas ’n bord bo-op om die vrugte onder te hou en laat dit oornag staan.
  3. Gooi die mengsel oor in ’n swaarboomkastrol en roer die suurlemoensap in. Laat prut met ’n deksel op vir ’n halfuur of tot die skil sag is.
  4. Verwyder die moeseliensakkie en druk die vloeistof in die kastrol uit. Voeg die suiker by en roer tot opgelos.
  5. Kook die mengsel sonder ’n deksel vir 20 minute of totdat die marmelade 105 ˚C bereik. Toets vir stolpunt.
  6. Verwyder die kastrol van die hitte en laat dit ’n paar minute staan.
  7. Skep die marmelade in warm, gesteriliseerde bottels en verseël.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Delia ·

Waar kan mens kumkwats in die hande kry?
Ek is mal daaroor, het dit kleintyd altyd by my Ouma gekry, maar deesdae sien mens dit nooit meer nie.

Hermien ·

@ Delia, ek het ‘n boom vol kumkwats, byna gereed om gepluk te word (week of twee). Waar bly jy??

Riana Mostert ·

Ons koop elke jaar in die winter by Fruit en Veggies, Pretoria kumkwats. My man maak konfyt met die resep uit Kook en Geniet. Heerlik saam met Brie kaas op oondwarm ciabatta brood. Hy gaan hd marmelade resep vir seker probeer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.