Soorte resepte:

Resep: Krummelpap

Argieffoto Foto: fuelled4life.org.nz

Argieffoto Foto: fuelled4life.org.nz

Lewer 4 – 6 porsies

Bestanddele:
500 ml (2 k) koue water
250 g (500 ml) (2 k) mieliemeel (vir braaipap indien beskikbaar)
7 ml (1½ t) sout
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer (opsioneel)

Metode:
1. Bespuit ‘n mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 1.5 ℓ met kleefwerende middel.
2. Gooi die water, mieliemeel en sout daarin en roer dit tot gemeng.
3. Sit die deksel op of bedek die bak met kleefplastiek waarin ‘n paar gate gesteek is.
4. Mikrogolf die pap 5 minute op volsterkte (100%).
5. Roer dit met ‘n groot vurk tot krummelrig, bedek dit weer en mikrogolf dit ‘n verdere 5 minute op volsterkte (100%).
6. Roer dit weer krummelrig met ‘n vurk, bedek dit weer en mikrogolf die pap dan 10 minute op halfsterkte (50%).
7. Voeg die mieliepitte by en roer dit weer met ‘n vurk.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.