Soorte resepte:

[Resep] Ma Cielie se perskeblatjang

(Foto: Lapa)

Geen blatjang wat ’n mens in die winkels koop is so lekker soos tuisgemaakte blatjang nie.

Hannetjie Joubert skryf: “Hierdie is my ma se blatjangresep waarmee ons grootgeword het. Ek het besluit om die mates aan te gee presies soos sy dit vir my gegee het.”

Lewer ± 1 kg

Bestanddele

  • 2 borde (± 1 kg) geelperskesnippers
  • 1 bord uieskyfies (± 500 g)
  • 3 koppies witasyn (750 ml)
  • 2 teelepels borrie (10 ml)
  • 3 teelepels fyn koljander (15 ml)
  • 4 teelepels kerriepoeier (20 ml)
  • 2 klein brandrissies, ontpit en gekap
  • 2 koppies suiker (500 ml)
  • 1 teelepel heel piment (5 ml)
  • 1 teelepel gemaalde gemmer (5 ml)
  • 1 teelepel sout (5 ml)

Metode

  1. Kook alles saam tot dit begin dik word – ongeveer 2 ure.
  2. Skep dit in gesteriliseerde bottels en verseël.

Bron: Bottel & gebruik

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.