Soorte resepte:

[Resep] Ma Cielie se perskeblatjang

perskeblatjang

Foto: Bottel en gebruik

Hierdie is my ma se blatjangresep waarmee ons grootgeword het. Ek het besluit om die mates aan te gee presies soos sy dit vir my gegee het.

Lewer ± 1 kg

Bestanddele:

  • 2 borde geelperskesnippers (± 1 kg)
  • 1 bord uieskyfies (± 500 g)
  • 3 koppies witasyn (750 ml)
  • 2 teelepels borrie (10 ml)
  • 3 teelepels fyn koljander (15 ml)
  • 4 teelepels kerriepoeier (20 ml)
  • 2 klein brandrissies, ontpit en gekap (opsioneel)
  • 2 koppies suiker (500 ml)
  • 1 teelepel heel piment (5 ml)
  • 1 teelepel gemaalde gemmer (5 ml)
  • 1 teelepel sout (5 ml)

Metode:

  1. Kook alles saam totdat dit begin dik word – ongeveer 2 ure.
  2. Skep dit in gesteriliseerde bottels en verseël.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Pappa Beer ·

Ek het vandag die blatjang gemaak, maar met n paar veranderinge. Ek het nie rissies ingesit nie maar eerder varsgemaalde peperkorrels. Ek het ook nie piment gebruik nie maar eerder 4 heel naeltjies by gesit. Dit proe absoluut fantasties! O ja, en ipv kerriepoeier het ek masala poeier gebruik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.