Soorte resepte:

[Resep] Ma Lenie se blatjang

my-pragtige-mammie

Lenie Potgieter. Foto: Verskaf

“My ma, Lenie Potgieter, was ʼn baasbakster en het ons so bederf wanneer ons by hul aftreeplek by Krommerivier, naby Humansdorp in die Oos-Kaap, gaan kuier het. Om vroeg in die oggend met die geur van varsgebakte brood wakker te word, was hemels! Met haar heelvykonfyt, varsgebakte brood en ʼn koppie koffie is dit soos ons haar onthou. Later was dit ʼn groot ontbyt en dan het die blatjang ook vir die gebakte eiers reggestaan! Hierdie blatjang is my ma se eie resep en elke keer as ek dit maak, is dit asof nog steeds langs my staan,” skryf Anita Ford, ʼn Maroela Media-leser.

Bestanddele:

  • 8 groot geskilde uie en in kwarte gesny
  • 2 pakkies dadels (in kleiner stukkies gebreek/gesny)
  • 8 tot 10 rissies
  • 1 groot blik fyn appelkooskonfyt
  • halwe bottel bruinasyn
  • 2 t sout

Metode:

  1. Ons gebruik nog steeds my ma se handmeultjie.
  2. Maak die meultjie stewig vas aan die rant van die tafel en plaas ʼn bak onder die meultjie se opening.
  3. Maal nou die uie, rissies en dadels fyn.
  4. Voeg dan die appelkooskonfyt, sout en asyn by en roer goed deur.
  5. Gooi in bottels en laat vir ten minste twee dae staan voor gebruik.

Hoe langer dit staan, hoe beter! Ons eet dit selfs op gebakte eiers vir ontbyt!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anita Ford ·

Shaz, as jy ‘n groot elektriese voedselverwerker het, is daar gewoonlik ‘n meultjie wat jy kan gebruik. Ek het dit een keer in my “liquidizer” gebruik, maar dit kom ongelukkig nie fyn genoeg na my smaak uit nie.

Linda ·

Ek wil graag weet of Anita Ford nie haar oorlede moeder se heelvyekonfyt resep vir my het. Baie dankie

Anita Ford ·

Linda, ek wens ek het dit nog, maar toe ons huis jare gelede afgebrand het, is my ma se handgeskrewe resepteboek, wat altyd in my kombuis was, ook uitgebrand. Dit was ‘n hartverskeurende ondervinding om hierdie kosbare boek te verloor!

Anita Ford ·

Dit is brandrissies Anne. Jy kan ook meer gebruik as jy van baie sterk blatjang hou.

Lettie ·

Ek wil net graag weet of mens hierdie kook voor jy dit in le en hoe lank kan ek dit hou.

Anita Ford ·

Nee Lettie, dit is wat hierdie resep so anders en baie lekker maak. Dit word nie gekook nie en dit hou maande lank, want die asyn preserveer dit, net soos ingelegde uie. Jy kan dit net so op die rak, in die yskas (wat nie eintlik nodig is nie) of in die kas hou. Dit het ‘n heerlike vars smaak.

Anita Ford ·

Nee Lettie, dit word nie gekook nie. Dit is wat hierdie blatjang ‘n heerlike vars smaak gee. Die asyn preserveer die blatjang (net soos ingelegde uie) en jy hoef dit nie in ‘n yskas te hou nie. Bere op die kombuisrak of in die kombuiskas. Dit hou maande lank, maar ek waarborg jou dat hierdie blatjang sommer gou opgeeet gaan word.

Susanna ·

Anita, is dit moontlik om die hoeveelhede in maateenhede aan te dui? Ons is in Kanada en ek weet nie in watter volumes jou blikke en bottels is nie. Sal baie graag dit wil probeer aangesien ek nou die dag “Mrs Balls” se bladjang gemaak het, maar dit moet vir 2 ure lank kook. Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.