Soorte resepte:

Resep: Maaskaas-doopsous

Doopsous

Maaskaas-doopsous (Foto: Uitpakkos/Lapa Uitgewers) 

ʼn Verfrissende en voedsame doopsous.

Bestanddele:

  • 125 ml / 125 g gladde laevetmaaskaas
  • 10-15 ml mosterdsous van jou keuse
  • 30 ml wortel, fyngerasper
  • 20 ml ingemaakte agurkies, fyngekap of gerasper
  • 5 ml vars grasui, fyngekap
  • sout na smaak

Metode:

  1. Meng die maaskaas, mosterdsous, wortel, agurkies en grasui. Geur na smaak met sout.

Hoe kan ek dit inpak en bêre?

Skep die sous in ʼn bakkie met ‘n deksel en verkoel tot 3 dae. Weens die maaskaas in die doopsous is dit belangrik dat dit voortdurend koud bly en dus in ʼn koelhouer met ʼn yspakkie in vervoer word.

Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.