ʼn Verfrissende en voedsame doopsous.
Bestanddele:
- 125 ml / 125 g gladde laevetmaaskaas
- 10-15 ml mosterdsous van jou keuse
- 30 ml wortel, fyngerasper
- 20 ml ingemaakte agurkies, fyngekap of gerasper
- 5 ml vars grasui, fyngekap
- sout na smaak
Metode:
- Meng die maaskaas, mosterdsous, wortel, agurkies en grasui. Geur na smaak met sout.
Hoe kan ek dit inpak en bêre?
Skep die sous in ʼn bakkie met ‘n deksel en verkoel tot 3 dae. Weens die maaskaas in die doopsous is dit belangrik dat dit voortdurend koud bly en dus in ʼn koelhouer met ʼn yspakkie in vervoer word.
Bron: Uitpakkos
Uitgewer: Lapa