Soorte resepte:

Resep: Mathys Roets se pizza

Foto: Sterkos.

Foto: Sterkos.

Mathys Roets maak musiek wat jou hart roer en hy verkies enige tyd ’n kitaar bo die kombuis. Hy bieg dat hy nie juis ’n ywerige kok is nie. “Ek kan sekere goed goed doen en die res los ek maar vir die kenners.” Hy glo die belangrikste deel van kosmaak is die gehalte van die bestanddele en dan die hitte van die stoof, oond of braai.

Self geniet hy goeie vleis, Italiaanse disse en boerekos. Lekker gekookte boerekos vat hom altyd te rug na sy kinderdae en die kok wat hy die meeste bewonder, is sy ma.

4 groot pizzas

Bestanddele

  • Brooddeeg:
  • 1 kg koekmeel
  • 10 g (1 pakkie) droë kitsgis
  • 1 ml sout
  • bietjie olie
  • 375 ml (1 ½  k) louwarm water

Bolaag:

  • 410 g (1 blik) Italiaanse tamaties, gekap
  • 750 ml (3 k) mozzarellakaas, gerasper
  • 500 ml (2 k) ham of salami, fyngekap
  • 250 ml (1 k) calamata-olywe, gehalveer
  • 250 ml (1 k) klein tamaties, gehalveer
  • knypie droë origanum

Metode:

  1. Stel oond op 180° C.
  2. Brooddeeg: Plaas koekmeel, droë kitsgis en sout vir brooddeeg in ’n groot mengbak. Meng goed.
  3. Roer olie by louwarm water. Voeg genoeg louwarm water by om sagte, elastiese brooddeeg te vorm.
  4. Knie deeg deeglik. Plaas deeg in mengbak wat met ’n bietjie olie gesmeer is.
  5. Bedek met kleefplastiek en plaas op warm plek vir ongeveer 1 uur tot dubbel in volume.
  6. Rol deeg plat op meelbestrooide oppervlak uit.
  7. Sny jou grootte pizza uit soos verkies.
  8. Plaas deegsirkels op gesmeerde bakplaat.
  9. Bolaag: Skep ongeveer 15 ml (1 e) Italiaanse tamaties op deeg.
  10. Sprinkel genoeg mozzarella op, gevolg deur ham of salami, olywe, tamaties en origanum.
  11. Bak vir 8 tot 10 minute in gewone oond of 2 tot 3 minute in pizza-oond. As temperatuur reg is en pizza-oond werk reg, is pizza regtig gou klaar.

Bron: Vrouekeur – Sterkos
UItgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.