Soorte resepte:

[Resep] Mayonnaise

Foto: Bottel en gebruik

Mayonnaise. Foto: Bottel en gebruik

Baie mense is te bang om hulle eie mayonnaise te maak, maar die resep is vinnig en maklik, veral met ʼn handmenger of voedselverwerker.

Lewer ongeveer 300 ml

Bestanddele:

  • 2 eiergele
  • 10 ml witwynasyn of suurlemoensap
  • 2,5 ml mosterdpoeier
  • knippie sout
  • 30 ml koue water
  • 300 ml olyfolie
  • witpeper na smaak

Metode:

  1. Meng die eiergele, asyn of suurlemoensap, mosterdpoeier, sout en water in die bak van ʼn handmenger of voedselverwerker.
  2. Meng dit vir ʼn paar sekondes teen matige spoed tot die mengsel glad is.
  3. Stel die menger op ʼn vinnige spoed en voeg die olyfolie baie stadig in ʼn dun straaltjie by tot goed gemeng. Geur na smaak en gebruik soos nodig.

Wenk:

  • Maak seker dat die eiers en olie by kamertemperatuur is.
  • Indien dit lyk of die mayonnaise wil skei, kan jy ʼn paar druppels warm water inmeng sodat die emulsie weer bind.

Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lee-anne ·

ek het gekoop dit gaan my goedkoper uitwerk as gekoopte mayo, maar lyk nie so nie… as ek reg uitwerk, kos die ong 350ml mayonaise ong R35. Wonder of mens gewone sonneblom olie kan gebruik…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.