Soorte resepte:

Resep: Mieliepap (stywes)

Foto: amcasa.co.za

Foto: amcasa.co.za

(6 porsies)

Bestanddele:
500 ml water (2 k)
3 ml sout
10 ml botter of vet (2 t)
225 g mieliemeel (375 ml) (1½ k)

Metode:
1. Kook die water, sout en smeer en voeg die mieliemeel by. Moenie roer nie.
2. Sit die kastrol se deksel op en kook 10 tot 15 minute lank stadig.
3. Roer met ‘n snybeweging om die droë meel met die vloeistof te meng.
4. Sit die deksel weer op en laat verder oor lae hitte gaar word. Dit neem ongeveer 1 uur.

Sit voor met braaivleis of met melk en suiker vir ontbyt.

Wenk: Om te voorkom dat die pap aanbrand, kan dit in ‘n dubbelkoker gaargemaak word of die kastrol kan in ‘n baie koel oond (100 tot 120°C) gesteek word nadat die meel en water gemeng is om die pap verder gaar te maak.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.