Hierdie konfyt is só maklik, jy kan dit sommer vinnig na werk doen!
Lewer ± 400 g
Bestanddele:
- 500 g aarbeie, gewas, stingels en blare verwyder
- 20 ml suurlemoensap
- 300 g suiker
Metode:
- Meng die aarbeie en suurlemoensap in ʼn groot mikrogolfbestande bak, bedek en mikrogolf dit 5 minute teen 100%-krag.
- Roer die suiker by en mikrogolf onbedek vir 18-20 minute teen 100%-krag. Roer dit elke 5 minute.
- Toets vir stolpunt, roer goed en laat vir 5 minute staan.
- Roer weer deur sodat die vrugte egalig versprei.
- Skep in gesteriliseerde bottels en verseël.
Bottel & gebruik deur Hannetjie Joubert
Uitgewer: Lapa
Prys: R225-00*