Soorte resepte:

Resep: Mini pizzas vir die kosblik

Mini-pizzas

Tuisgebakte mini pizzas is maklik en vinnig om voor te berei en ideaal vir die kosblik. Foto: Pinterest.com.

Is jy reeds op soek na oulike idees vir die kosblik op die eerste dag van die nuwe skooljaar? Bederf die jongspan met hierdie maklike resep vir tuisgebakte mini pizzas vir die eerste dag terug by die skool.

Lewer ± 24 pizzas

Bestanddele:

Kors

  • 750ml koekmeel
  • 15ml bakpoeier
  • 250ml melk
  • 100ml olie

Tamatiebasis

  • 60ml tamatiesous
  • 45ml warm water
  • 45ml olie

Hawaise bolaag

  • 250g Mozzarellakaas, gerasper
  • 8 snye ham, gekap
  • 1x 44og-blik pynappelstukke, gedreineer
  • sout, varsgemaalde peper en knoffel na smaak

Metode:

  1. Meng die koekmeel en bakpoeier in ‘n mengbak en voeg die melk en olie by. Meng tot ‘n sagte deeg. Die deeg moet dieselfde tekstuur as brooddeeg hê. As die mengsel te droog is, kan ‘n bietjie ekstra olie en melk bygevoeg word tot die deeg hanteerbaar is.
  2. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n bakplaat.
  3. Rol die deeg uit (so dun soos jy verkies) op ‘n werkoppervlakte wat liggies met meel bestrooi is en sny sirkels van ongeveer 5 tot 10cm in deursneë uit. Rangskik die sirkels op die voorbereide bakplaat.
  4. Meng die tamatiesous, water en olie en smeer dit egalig oor die pizzabasisse.
  5. Strooi die gekapte ham, speserye en pynappelstukke oor die deeg en bedek met die gerasperde mozzarellakaas.
  6. Bak 10 tot 15 minute of tot goudbruin aan die onderkant. Sit dadelik voor.

Bron:

Lekker & Vinnig Kosblikkos deur Lapa Uitgewers

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof, Ouerskap

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

khadija ·

Mal oor julle blad en wil julle graag op facebook he… Baie dankie

Susan Lombaard ·

Dagsê! Besoek gerus ons Facebookblad by facebook.com/maroelamedia, en klik op “Like” om ons op Facebook te volg. Ons hoop jy kuier lekker saam!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.