Soorte resepte:

Resep: Mosterdboontjies

Mosterdboontjies

Foto: Wenresepte 2

Die gewildheid van hierdie gereg is sekerlik daaraan toe te skryf dat ʼn  mens dit as ʼn  slaai én as ʼn bykos kan voorsit. Wanneer groenbone goedkoop is, kan jy ʼn hoeveelheid inmaak en vir die wis en die onwis op die rak gereed hou. Mev. E. du Preez van Port Elizabeth sê sy gebruik sommer die bevrore groenbone wat ʼn mens in die supermark koop.

Bestanddele:

Boontjieslaai

  • 1 kg fyngesnipperde groenbone
  • 2 groot uie, gekap

Mosterdsous

  • 25 g (50 ml) mielieblom
  • 375 ml witasyn
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 25 ml mosterdpoeier
  • 25 ml matige kerriepoeier
  • 10 ml sout

Metode:

  1. Kook die groenbone en uie saam in kookwater net tot sag en dreineer.
  2. Meng die mielieblom met ʼn bietjie van die asyn tot ʼn pasta.
  3. Verhit die res van die asyn, suiker, mosterd- en kerriepoeier in ʼn groot kastrol tot kookpunt. Voeg die sout by.
  4. Roer die aangemaakte mielieblom by en meng. Voeg die bone-en-uiemengsel by, roer en verhit tot kookpunt.
  5. Kook 15 minute lank oor lae hitte. Skep die warm mosterdbone in gesteriliseerde flesse, sit die deksels op en verseël.

Bron: Huisgenoot Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.