Soorte resepte:

[Resep] Nataniël se aartappelpastei

'n Eenvoudige en lekker aartappelpastei. Foto: Die Huis van Rye

‘n Eenvoudige en lekker aartappelpastei. Foto: Die Huis van Rye

Hierdie heerlike aartappelpastei uit Nataniël se kombuis is ʼn eenvoudige en maklike gereg wat jy met min bestanddele vir die gesin kan voorsit. Die meeste mense het altyd aartappels byderhand en jy kan maklik skilferkorsdeeg koop en in die vrieskas hou, wat dié resep ʼn wenner maak.

Bestanddele:

  •  1 kg aartappels
  • 3 teelepels ongesoute botter
  • 1 groot ui, in baie dun skywe gesny
  • ¾ koppie crème fraîche (suurroom)
  • ½ koppie gekapte pietersielie
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • ¼ teelepel fyn neutmuskaat
  • 2 velle bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi
  • 1 eier, geklits

Metode:

  1. Kook die aartappels vir 10 minute tot halfgaar. Sny in skywe.
  2. Smelt die botter in ‘n pan oor matige hitte.
  3. Voeg die uie by, roer totdat dit met botter bedek is en soteer vir sowat 3 minute.
  4. Haal van die plaat af en laat eenkant staan.
  5. Meng die crème fraîche, pietersielie, ‘n knippie sout en peper en die neutmuskaat saam in ʼn mengbak.
  6. Rol elke vel deeg uit in ‘n reghoek van 30 x 25 cm.
  7. Pak die helfte van die aartappelskywe in ʼn laag met ‘n 2,5 cm rand rondom, op die een vel deeg.
  8. Smeer die helfte van die crème fraîche-mengsel oor die aartappels en strooi die gaar uie bo-oor.
  9. Pak die res van die aartappels bo-op, gevolg deur die res van die crème fraîche -mengsel.
  10. Bedek die aartappelmengsel met die ander vel deeg sodat dit mooi waterpas met die onderste vel  lê.
  11. Verf die bokant van die pastei met eier en prik dit een of twee keer.
  12. Bak in die middel van die oond teen 190 ˚C vir ongeveer 30 minute.
  13. Verlaag die temperatuur na 180 ˚C en bak vir nog 30 minute of tot goudbruin.

Bron: Die Huis van Rye

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marianne ·

BAIE DANKIE!! Dit lyk grand genoeg om voor te sit en maklik genoeg om te maak. As Kersdag in Natal so kokend gaan wees soos verlede jaar… het ek meer easy go resepte nodig.

marie marais ·

Baie dankie vir die moeite wat julle ingesit het. Dit lyk na voortreflike resepte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.