Soorte resepte:

Resep: Omelet met tamatie en kaas

Argieffoto Foto: thecleandish.com

Argieffoto Foto: thecleandish.com

Strooi gekapte pietersielie of ander vars kruie soos basiliekruid oor die gaar omelet en sit dit dadelik voor.

Lewer 4 porsies.

Bestanddele:
15 ml sonneblomolie
2 salotte of 1 piekelui, fyngekap
2 middelslagtamaties, ontvel, ontpit en fyngekap
1 knoffelhuisie, gekneus
sout, peper en paprika na smaak
50 g (60 ml) botter of margarien
6 – 8 eiers, geklits
gerasperde cheddarkaas

Metode:
1. Verhit die olie en soteer die salotte of piekelui daarin tot sag.
2. Voeg die tamaties by die salotte saam met die knoffel, sout, peper en paprika.
3. Kook dit 20 minute lank sonder ʼn deksel oor lae hitte tot alle vloeistof verdamp het.
4. Verhit die botter of margarien in ʼn middelslagpan oor matige hitte.
5. Giet die eiers daarin en wanneer onder gestol, lig dit stuk-stuk met ʼn eierspaan op sodat die boonste rou eier daaronder kan inloop.
6. Skep die tamatiesous bo-op, strooi die kaas oor en rooster 1 – 2 minute in die oond tot die kaas gesmelt het.

Hierdie resep is oorspronklik gepubliseer in Huisgenoot Wenresepte 1
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.