Soorte resepte:

[Resep] Omeletkoek

Foto: Jou beste lewe

Omeletkoek. Foto: Jou beste lewe

Opsies vir koolhidraatvrye middagetes wat gepas is vir onthaal is nogal skaars, maar hierdie koek is indrukwekkend en maklik.

Lewer 6 porsies

Bestanddele:

  • 4 rooi soetrissies
  • 2 e wit balsemiekasyn
  • 2 e olyfolie
  • 1 e vars oreganum
  • 21 plaaseiers
  • ½ k room
  • 200 g jongspinasie
  • ½ knoffelhuisie, fyngedruk
  • varsgemaalde sout en peper
  • 250 g roomkaas
  • 6 e basiliekruidpesto
  • 4 e suurlemoengegeurde olyfolie

Metode:

Gasstoof:

  1. Sit die soetrissies net so op die vlam om hulle buite-om swart te kan rooster. Plaas dit dan dadelik in ʼn plastieksakkie wat jy toeknoop en los om te stoom.

Elektriese oond:

  1. Voorverhit die oond tot 240 °C.
  2. Plaas die soetrissies in ʼn oondpan en gooi olyfolie, sout en peper oor. Rooster vir 30 minute, plaas dit in ʼn mengbak met kleefplastiek oor en los om te stoom vir 15 minute.
  3. Haal uit, trek die skilletjies af en verwyder die stronk en pitte. Sny in kwarte en marineer in wit balsemiekasyn, olyfolie, oreganum en sout en peper.
  4. Terwyl die soetrissies rooster, kan jy die omelette begin maak. Meng die eiers en room en geur na smaak. Verhit ʼn medium-pan oor matige hitte met 1 e olyfolie. Gooi genoeg eier in om die bodem van die pan te bedek. (Jy wil 7 omelette kan maak.)
  5. Wanneer die eier begin gaar word om die rante, trek dit na die middel van die pan toe en laat rou eier weer na die kante loop. Wanneer die omelet gaar is, keer uit en begin weer tot al die beslag gebruik is. Sny die kante van die omelette mooi netjies.
  6. Braai die spinasie in ʼn bietjie botter vir 1 minuut, voeg die knoffel by, en geur na smaak met sout en peper.
  7. Laat afkoel en druk die oortollige vloeistof uit.

Om die koek saam te stel:

  1. Plaas ʼn omelet op ʼn koekstaander of mooi opdienbord. Smeer die helfte van die roomkaas egalig oor die omelet.
  2. Plaas nog ʼn omelet bo-op en pak die helfte van die soetrissies bo-oor.
  3. Vir die volgende laag, smeer die omelet met 3 e basiliekruidpesto, versprei die helfte van die spinasie oor die omelet en gooi 1 e suurlemoengegeurde olyfolie oor die spinasie.
  4. Herhaal die lae. Geniet onmiddellik of sit opsy vir later.

Bron: Jou beste lewe – Vinnige en gesonde gesinsetes
Uitgewer: CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.