Heerlike en vinnige marinades vir ʼn verskeidenheid vis en vleis.
Spesery-jogurtmarinade
- Lewer ± 500 ml
- Vir hoender, varkvleis, vis en garnale
Bestanddele:
- 500 ml ongegeurde jogurt
- 10 ml koljandersaad, gerooster en fyn gestamp
- 10 ml komynsaad, gerooster en fyn gestamp
- 6 knoffelhuisies, gekneus
- 2 lourierblare
- 1 ui, gekap
- 5 ml vars gemmer, gerasper
- 5 ml borrie
- 5 ml paprika
Metode:
- Verwerk alles saam in ʼn voedselverwerker tot glad.
Witwynmarinade
- Lewer ± 600 ml
- Vir vis of witvleis
Bestanddele:
- 500 ml droë witwyn
- 50 ml suurlemoensap
- 100 ml olie
- 100 ml heuning
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- 3 lourierblare
- 25 ml vars, gekapte basiliekruid
Metode:
- Meng al die bestanddele. Giet dit in ʼn gesteriliseerde bottel, verseël en bêre dit in die yskas.
- Skud baie goed net voor gebruik. Dit kan tot twee maande in die yskas bewaar word.
Suurlemoen-en-kruie-marinade
- Lewer ± 600 ml
- Vir vis, hoender en lamsvleis
Bestanddele:
- 250 ml suurlemoensap
- 150 ml olie
- 3 piekeluie, gekap
- 5 ml gerasperde suurlemoenskil
- 30 ml vars, gekapte suurlemoentiemie
- 25 ml vars, gekapte gemengde kruie
- 5 ml varsgemaalde swartpeper
- 50 ml geelsuiker
Metode:
- Meng al die bestanddele. Giet dit in ʼn gesteriliseerde bottel, verseël en bêre dit in die yskas.
- Skud baie goed net voor gebruik. Dit kan tot twee maande in die yskas bewaar word.
Biermarinade
- Lewer ± 500 ml
- Vir bees en lamsvleis
Bestanddele:
- 340 ml bier
- 50 ml olie
- 20 ml Worcestersous
- 1 ui, gekap
- 20 ml vars, gekapte oreganum
- 5 knoffelhuisies, gekneus
- 2 lourierblare
Metode:
- Meng al die bestanddele. Giet dit in ʼn gesteriliseerde bottel, verseël en bêre dit in die yskas.
- Skud baie goed net voor gebruik. Dit kan tot twee maande in die yskas bewaar word.
Bron: Bottel en gebruik
Uitgewer: Lapa
Ek hou nie van lewer nie.
Biermarinade: drink die bier, meng die res en gebruik! WL – ek wonder wie gaan jou humor snap – baaaie skerp haha!