Hierdie wraps is maklik om voor te berei en is ideaal vir ontbyt.
Lewer 8 porsies
Bestanddele:
- 250 g jong spinasieblare
- 4 knoffelhuisies, fyngekap
- 15 ml olyfolie
- 1 x 410 g-blik gekapte tamaties, gedreineer
- 10 eierwitte
- 170 g fetakaas, gekrummel
- sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
- 8 wraps
Metode:
- Soteer die spinasie en knoffel vir 5 minute in die olyfolie of tot die spinasie verwelk.
- Roer die tamaties by en kook vir nog 2 minute. Skep die spinasiemengsel in ʼn groot bord wat gevoer is met handdoekpapier. Hou eenkant.
- Giet die eierwit in die pan en roer tot gaar.
- Skep die roereier, spinasiemengsel en gekrummelde feta op elke wrap. Geur met sout en peper en draai dit toe.
- Bron: Lekker wraps
- Uitgewer: Lapa
So wat maak mens met die eiergeel wat nie gebruik word nie.