Soorte resepte:

Resep: Pannekoek sonder eiers

Foto: jbeancuisine.com

Foto: jbeancuisine.com

Lewer 5 – 6 groot pannekoeke

Bestanddele:
150 g koekmeelblom
2 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
1 ml sout
440 ml water (1¾ k)
15 ml asyn (3 t)
60 ml kookolie (¼ k)

Metode:
1. Sif droë bestanddele saam.
2. Klits water, asyn en olie effens en maak droë bestanddele daarmee aan.
3. Smeer warm pan net eerste keer met ‘n bietjie kookolie – daarna sit deeg nie meer vas nie – en bak pannekoeke.
4. Sit voor met lemoensous.

Lemoensous:
250 ml lemoensap (1 k)
150 g wit suiker (190 ml) (¾ k)
25 g botter of margarien (25 ml) (2 e)
100 ml brandewyn (8 e)

Metode:
1. Kook lemoensap, suiker en margarien 5 minute saam.
2. Gooi brandewyn by en gooi oor opgerolde pannekoeke.
3. Sit warm voor.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.