Soorte resepte:

[Resep] Pasta met spek en broccoli

pasta

Pasta met spek en broccoli. Foto: Beste uit Vrouekeur

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 1 l (4 k) water
  • 10 ml (2 t) olie
  • 1 hoenderaftrekselblokkie
  • 500 g (1 pak) spaghetti
  • 1 kop broccoli, in blommetjies gebreek
  • sout en peper
  • bietjie olie
  • 2 uie, gekap
  • 5 ml (1 t) vars knoffel, gekap
  • 2,5 ml (½ t) droë pietersielie
  • 250 g (1 pakkie) spek, in blokkies gesny
  • 250 ml (1 k) dik room
  • swartpeper na smaak
  • 80 ml (⅓ k) dennepitte, gerooster
  • 60 ml (4 e) fyngerasperde parmesaankaas
  • handvol vars basiliekruidblare

Metode:

  1. Verhit die water, olie en hoenderaftreksel tot kookpunt. Voeg die spaghetti by en kook tot halfgaar. Voeg die broccoli by en kook nog 5 minute tot die broccoli net gaar is. Dreineer.
  2. Roer die ekstra olie deur en strooi sout en peper oor. Hou eenkant.
  3. Verhit nog olie en soteer die uie en knoffel tot die uie sag is.
  4. Voeg die pietersielie en spek by en roerbraai tot die spek gaar is.
  5. Roer die room en spaghetti deur en laat dit ongeveer 2 minute op die stoofplaat staan tot die spaghetti deurwarm is.
  6. Geur na smaak met swartpeper en strooi die dennepitte oor.
  7. Sit saam met parmesaankaas en basiliekruidblare voor.

Bron: Beste uit Vrouekeur
Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Een kommentaar

Veritas ·

Wat is dit met julle en broccoli? Na my mening kan jy netsowel groen lusern eet. Die ou mense het vir die kinders vertel dat slegte medisyne die beste medisyne is. Dinge soos Paragorie en Duiwelsdrek. Nou wil julle ons probeer oortuig dat broccoli eintlik lekker en gesond is. As jy nie kan lekker kos maak nie, moet jy wegneemetes oorweeg. Dit smaak darem beter en ‘n daaglikse ou multivitamien-pilletjie sal sorg vir die res.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.