Soorte resepte:

Resep: Peerblatjang

Peerblatjang (Foto: Lapa-uitgewers)

Peerblatjang is heerlik! En boonop maak ’n mens dit van al die pere wat niemand eintlik wil hê nie – die pere wat windverwaaid op die grond lê.

Bestanddele

  • 675 g harde pere, geskil en ontkern
  • 3 uie, gekap
  • 335 ml (1 ½ k) rosyntjies
  • 1 appel, ontpit en in stukke gesny
  • 250 ml (1 k) ingelegde gemmerstukke, fyngesny
  • 250 ml (1 k) okkerneute
  • knoffelhuisie, fyngekap
  • 1 suurlemoen se sap en gerasperde skil
  • 600 ml (2 ⅖ k) appelasyn
  • 200 ml (⅕ k) sagte bruinsuiker
  • 2 kruienaeltjies
  • 5 ml (1 t) sout

Metode

  1. Sny die pere in stukke en sit dit in ’n groot mengbak.
  2. Voeg die uie, rosyntjies, appel, gemmer, okkerneute, knoffel en suurlemoensap en -skil by die peerstukke en meng.
  3. Verhit die asyn, suiker, naeltjies en sout saam in ’n kastrol en roer totdat die suiker opgelos is. Verhit dit nou vinnig tot kookpunt.
  4. Giet die kokende stroop oor die vrugte. Bedek die bak en laat dit oornag staan.
  5. Gooi die mengsel die volgende oggend in ’n dikboomkastrol en verhit dit stadig. Laat dit liggies prut totdat die vrugte sag en die mengsel dik en geurig is, ongeveer ’n uur lank.
  6. Skep die warm blatjang in gesteriliseerde flesse en verseël.

Bron: Vallei van Melk en Heuning

UItgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.