Soorte resepte:

Resep: Perske-en-soetrissieblatjang

Foto: Tannie Poppie Kook

Foto: Tannie Poppie Kook

Dié blatjang is heerlik op hamburgers en net so lekker soos Mrs Ball’s.

Lewer sowat 2 x 350 ml-flesse

Bestanddele:

  • 1 kg perskes, geskil, ontpit en rofweg gekap
  • 2 uie, geskil en fyngekap
  • 2 groen soetrissies, gewas, ontpit en fyngekap
  • 5 ml sout
  • 125 ml pitlose rosyne
  • 250 ml bruinsuiker
  • 875 ml asyn
  • 15 ml kerriepoeier (matig of sterk)

Metode:

  1. Plaas al die bestanddele in ʼn groot kastrol.
  2. Verhit tot kookpunt. Roer gereeld.
  3. Verminder die hitte en kook sowat 1 uur lank tot die mengsel dik is.
  4. Roer gereeld.
  5. Gooi in flesse en verseël.

Bron: Tannie Poppie kook
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.