Soorte resepte:

[Resep] Romerige hoender-en-spek- wraps

Foto: Lekker en Vinnig

Romerige hoender-en-spek- wraps. Foto: Lekker en Vinnig

As die week te lank was, is hierdie resep perfek. Ietsie geurig en maklik saam met vanaand se fliekkyk – dit is immers Vrydag.

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

  • 3 gaar hoenderborsies, in stukkies gesny
  • 15 ml kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 250g spek, in stukkies gesny
  • 250g sampioene, in skyfies gesny
  • 80 ml geroomde maaskaas
  • 80 ml mayonnaise
  • 80 ml blatjang
  • sout en varsgemaalde swart peper na smaak
  • 8 sagte wraps
  • tou om vas te bind

Metode:

  1. Verhit die olie en soteer uie tot Voeg die spek en sampioene by en soteer tot gaar.
  2. Verwyder van hitte en roer die hoenderstukkies by.
  3. Meng die geroomde maaskaas, mayonnaise en blatjang en roer by die hoendermengsel. Geur na smaak met sout en peper.
  4. Verdeel die hoendervulsel tussen die 8 wraps. Draai dit toe, bind met toutjies vas en sit dadelik voor.

Bron: Lekker en Vinnig – Lekker Wraps
Uitgewer: Lapa

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Johann ·

Hoe heerlik lyk die twee kospakkies nie. Dit is verseker iets wat ons vanaand gaan maak. Dankie vir die resep.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.