Soorte resepte:

Resep: Romerige hoender-en-spek-voupakkies

Foto: Lekker en Vinnig

Romerige hoender-en-spek- wraps. (Foto: Lekker en Vinnig/Lapa Uitgewers)

As die week te lank voel, is hierdie resep perfek. Ietsie geurig en maklik – dit is immers amper Vrydag.

Lewer 8 porsies

Bestanddele:

  • 3 gaar hoenderborsies, in stukkies gesny
  • 15 ml kanola-olie
  • 1 ui, gekap
  • 250g spek, in stukkies gesny
  • 250g sampioene, in skyfies gesny
  • 80 ml geroomde maaskaas
  • 80 ml mayonnaise
  • 80 ml blatjang
  • sout en varsgemaalde swart peper na smaak
  • 8 sagte wraps
  • tou om vas te bind

Metode:

  1. Verhit die olie en soteer uie. Voeg die spek en sampioene by en soteer tot gaar.
  2. Verwyder van hitte en roer die hoenderstukkies by.
  3. Meng die geroomde maaskaas, mayonnaise en blatjang en roer by die hoendermengsel. Geur na smaak met sout en peper.
  4. Verdeel die hoendervulsel tussen die 8 wraps. Draai dit toe, bind met toutjies vas en sit dadelik voor.

Bron: Lekker en Vinnig – Lekker Wraps
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johann ·

Hoe heerlik lyk die twee kospakkies nie. Dit is verseker iets wat ons vanaand gaan maak. Dankie vir die resep.

Phillip ·

Gaan dit beslis die naweek probeer jius n heel hoender in die vrieskas

Jan Seerot ·

Ek bly alleen op my Afrikaplaas, stoksielalleen. En sien nie nie eers ander mense wat soos ek lyk nie, wat nog te sê, Die Taal praat! Ek dink ek kan hierdie dis maak, as ek net die vervlakste paddastoele in die hande kan kry.
O ja, synde ek maar aangewese is op myself in die kombuis, het die foutjie in Stap 1 by die Metode my opgeval. Verder, synde ek ‘n wetenskaplike is, is dit nie te duister vir my nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.