Soorte resepte:

[Resep] Romerige hoenderlewer met lemoensap

Foto: Pixabay.com

“Ek het een aand met hoenderlewer gesit en gewonder hoe ek dit ʼn bietjie anders kon voorsit vir vriende wat ʼn restaurant besit. Toe sien ek die lemoensap en room in die yskas. Ek het die gereg op pasta bedien. ʼn Klompie maande later was ek ʼn gas by hulle restaurant. Wat was my verbasing toe ek ‘Pasta Nicolaas’ te ete kry: My resep het groot aftrek gekry in die restaurant!” Só skryf Maroela Media-leser Nic Zwarts.

Bestanddele

Hoenderlewer:

  • 500 g skoon hoenderlewer
  • 250 ml vars lemoensap
  • speserye en kruie na smaak
  • sout en peper

Witsous:

  • 50-70 g botter of margarien
  • 80 g koringmeel
  • 300 ml vars melk
  • 250 ml vars room

Metode:

  1. Gaan die lewer na en verwyder die galblasies wat per ongeluk agtergebly het asook enige harde vliesies.
  2. Kook lewer gaar in lemoensap, kruie en speserye. Ek gebruik hoender-braaispesery, roosmaryn en kruinaeltjies. ʼn Knippie tiemie smaak ook goed.
  3. Maak die witsous soos jou ma (of pa) jou geleer het. Jy kan meer meel en botter gebruik vir ʼn dikker sous. Meng die room in die witsous in en kook nog ʼn bietjie af tot redelik dik.
  4. Meng lewer en witsous en dien op met roosterbrood of pasta.
  5. Bedien 2 tot 3 mense

Stuur vir ons jóú familieresep hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.