Soorte resepte:

[Resep] Rondomtalies

Heerlike rondomtalies met skilferkorsdeeg. Foto: Wenresepte 1

Heerlike rondomtalies met skilferkorsdeeg. Foto: Wenresepte 1

Maak hulle vir ’n buffet-ete, voorgereg of bykos, piekniek, kosblik of om laataand voor die TV te geniet.

Lewer 12 rondomtalies

Bestanddele:

  • 1 groot ui, gekap
  • 300 g maalvleis
  • 25 mℓ sonneblomolie
  • 1 eier
  • 2 mℓ sout
  • 1 mℓ peper
  • 5 mℓ mosterdpoeier
  • 25 mℓ gekapte pietersielie
  • 1 klein soetrissie, ontpit en gekap
  • 8 gevulde olywe, gekap (opsioneel)
  • 1 rol (400 g) onversoete skilferkorsdeeg, ontdooi
  • gesmelte botter of margarien
  • gekapte grondbone

Metode:

  1. Voorverhit die oond tot 200 °C (400 °F).
  2. Voer ʼn bakplaat met aluminiumfoelie uit en smeer die foelie.
  3. Smoor die ui en maalvleis oor lae hitte in die olie.
  4. Meng die eier, sout, peper en mosterdpoeier en roer by die vleismengsel.
  5. Roer die pietersielie, soetrissie en olywe by en laat die mengsel effens afkoel.
  6. Rol die skilferkorsdeeg uit in ‘n reghoek van 25 x 40 cm en verf botter of margarien oor.
  7. Smeer die vleismengsel eweredig op die deeg en rol die deeg soos ’n rolkoek op.
  8. Sny dit in skywe van 2 cm en plaas op die bakplaat.
  9. Strooi grondbone bo-op en bak 12-15 minute lank.
  10. Sit warm voor.

Bron: Wenresepte 1

Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.