Soorte resepte:

Resep: Rooi slaphakskeentjies

Foto: Huisgenoot Wenresepte 2

Foto: Huisgenoot Wenresepte 2

Mev. Hettie Pool van Vredendal sê sedert sy hierdie resep by ’n vriendin gekry het, was sy nog nooit sonder die slaai nie. Dis louwarm of koud baie lekker by koue vleis of braaivleis. As klein uie onbekombaar is, gebruik grotes en halveer of sny hulle in kwarte.

Bestanddele

  • 1,5 kg klein uie
  • 150 g (250 ml) gebleikte sultanas
  • 125 g (150 ml) suiker
  • 250 ml witasyn
  • 250 ml water
  • 115 g (1 blikkie) tamatiepasta
  • 50 ml sonneblomolie
  • 2 ml sout
  • knippie rooipeper

Metode

  1. Skil die uie. Plaas hulle in ’n groot vlekvryestaalkastrol.
  2. Voeg die sultanas, suiker, asyn, water, tamatiepasta, olie, sout en rooipeper by.
  3. Sit die kastroldeksel op en kook die mengsel 1 uur lank oor lae hitte.
  4. Haal die deksel af en kook verder tot die sous lekker dik is. (As jy haastig is, kan jy die sous verdik met ’n bietjie mielieblom wat met koue water aangemaak is.)
  5. Skep die warm uie in gesteriliseerde flesse en verseël.

Bron: Huisgenoot Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.