Soorte resepte:

Resep: Sardientjie-braaibrood

Foto: Huisgenoot Wenresepte 2

Foto: Huisgenoot Wenresepte 2

Mev. C. C. Bronkhorst van Eloff sê haar man is dol hieroor, veral as sy dit vir ontbyt maak.

Lewer 4 porsies

Bestanddele:

  • 15 ml grondboontjiebotter
  • 1 blikkie (120 g) sardientjies
  • 8 groot snye brood van jou keuse
  • 50 g (60 ml) botter of margarien
  • 4 eiers
  • 125 ml melk
  • sout en peper na smaak

Metode:

  1. Meng die grondboontjiebotter met ‘n bietjie van die olie waarin die sardientjies ingemaak is.
  2. Smeer die mengsel op 4 van die snye brood. Maak die sardientjies goed fyn en smeer dit op die grondboontjiemengsel.
  3. Smelt 25 g (30 ml) van die botter of margarien in ‘n pan.
  4. Klits 2 van die eiers saam met 30 ml van die melk en geur met sout en peper.  Maak roereier daarvan, laat dit atkoel en skep dit op die sardientjies.
  5. Druk die oorblywende 4 snye brood bo-op vas.
  6. Smelt die oorblywende botter of margarien in ‘n pan.
  7. Klits die oorblywende 2 eiers en melk in ‘n diep bord tot gemeng.
  8. Doop die toebroodjies een vir een in die eiermelk en braai hulle dan aan weerskante in die botter of margarien tot goudbruin. Sit warm voor.

Bron: Huisgenoot Wenresepte 2
Uitgewer: Human & Rousseau

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.