Soorte resepte:

[Resep] Sjokoladelemoenkoek

Foto: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3, Lapa

ʼn Lekker bederfie so aan die (amper) einde van die week!

Bestanddele

Koek:

  • 3 ekstra-groot eiers
  • 250 ml strooisuiker
  • 187 ml olie
  • Skil van 1 lemoen, fyn gerasper
  • 500 ml koekmeel
  • 45 ml kakao
  • 10 ml bakpoeier
  • knypie sout
  • 187 ml vars lemoensap

Versiersel:

  • 250 ml versiersuiker
  • 30 ml kakao
  • 250 g laevetroomkaas
  • 2,5 ml vanieljegeursel

Metode

Stel oond op 180 °C.

  1. KOEK: Klits eiers en suiker tot liggeel.
  2. Roer olie en lemoenskil by.
  3. Sif meel, kakao, bakpoeier en sout.
  4. Roer meelmengsel en lemoensap beurtelings by eiermengsel.
  5. Skep beslag in gesmeerde ringkoekpan met 26 cm-deursnee en bak vir 25 minute of tot toetspen skoon uitkom.
  6. Keer koek op afkoelrakkie uit en laat afkoel.
  7. VERSIERSEL: Sif versiersuiker en kakao.
  8. Roer roomkaas en vanieljegeursel by en smeer bo-oor koek. Versier verder soos verkies.

Bron: Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 3

Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.