Soorte resepte:

Resep: Soetsuur sous

Foto: Lekker en Vinnig: Souse

Foto: Lekker en Vinnig: Souse

(Uit: Kies gesond, Carolie de Koster)

Lewer ± 750 ml

Bestanddele:

  • 30 ml sonneblom- of olyfolie of 15 ml van elk
  • 30 ml gekapte sprietui
  • 1 medium- groen soetrissie, in dun repies gesny
  • 1 mediumwortel, in repies gesny
  • 30 ml sojasous
  • 30 ml tamatiesous
  • 500 ml water, of inmaakstroop van pynappelstukke met water gemeng
  • 75 ml bruinsuiker of 50 ml bruinsuiker, as inmaakstroop gebruik word
  • 50 ml rysasyn of 50 ml gemengde witasyn
  • 30 ml mielieblom
  • 50 ml water
  • 1 klein pynappel of 400 g (1 blik) pynappelstukke, gedreineer en die stroop behou
  • 1 klein of ½ groot ongeskilde komkommer, in repies gesny

Metode:

  1. Verhit die olie in ’n groot, vlak kastrol en roerbraai die groente tot brosgaar.
  2. Voeg die sojasous en tamatiesous, vloeistof, suiker en asyn by en prut 5 minute.
  3. Meng die mielieblom met die water, roer by en voeg die pynappel en komkommer by.
  4. Laat prut vir 5 minute en roer af en toe. Sit warm voor.

Variasie

Voeg 2-5 ml elk gekapte of gekneusde knoffel, brandrissie en gerasperde vars gemmer by die sous vir ʼn Oosterse geur.

Bron: Lekker en Vinnig: Souse
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.