Soorte resepte:

[Resep] Tjaart se pot

Tjaart se pot (Foto: Potjiekos: Lekker & vinnig, Lapa-uitgewers.)

Daar is niks soos ʼn smaaklike potjie op ʼn wintersdag nie…

Bestanddele:

  • 40 ml olyfolie
  • 1 kg skaapskenkels
  • 500 ml kookwater
  • helfte van ʼn groen, geel en rooi soetrissie, gekap
  • 15 pekeluie
  • 500 g klein worteltjies
  • 250 g sampioene
  • 500 g klein botterskorsies
  • 300-400 g murgpampoentjies
  • 300 g geel vlapampoentjies
  • 1 handvol miniatuur mielies, aspersies en groenbone
  • 15 ml sout
  • 20 ml droë gemengde kruie
  • 10 ml fyngedrukte knoffel
  • 15 ml mosterdpoeier
  • 10 ml witpeper
  • 30 g bruinuiesoppoeier
  • 30 g sampioenroomsoppoeier
  • ½ blokkie skaapaftreksel
  • 75 ml tamatiesous
  • 60 ml blatjang
  • 60 ml mayonnaise
  • 300 g heel spinasie
  • mielieblom soos nodig

Metode:

  1. Verhit die olie en braai die vleis tot bruin. Voeg kookwater by om te verhoed dat dit vassit.
  2. Voeg soetrissies by. Voeg al die groente heel by behalwe die spinasie. Begin met die groente wat die langste neem om gaar te word en eindig by dié wat vinnig gaar word.
  3. Strooi al die geurmiddels en soppoeier bo-oor die groente. Meng die aftreksel, tamatiesous, blatjang en mayonnaise met ʼn bietjie water en giet dit oor die groente.
  4. Plaas die heel spinasieblare bo-op sodat die deksel van die pot die blare vasdruk op die groente.
  5. Wanneer die wortels gaar is, is die pot reg.
  6. Voeg die mielieblom, gemeng met koue water by en prut totdat die sous die verlangde dikte is.
  7. Sit met bruinrys voor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wiaan ·

Ek kry dit nie altyd reg nie. Een dag sal my potjie 100% wees en n ander dag n vlop al gebruik ek dieselfde manier soos altyd. Ek sal bietjie hierdie manier gebruik en kyk.

Charlotta ·

Sjoe dit lyk baie lekker. Dit kan werk hierdie winter. Dankie vir die resep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.