Soorte resepte:

Resep: Toffieappels

Foto: northsouthfood.com

Foto: northsouthfood.com

Bestanddele:
50 medium, rooi appels
50 geskikte stokkies
800 g suiker (1 liter)
250 ml water (1 k)
20 ml asyn (4 t)
200 g gouestroop (150 ml) (12 e)
knippie sout
25 ml botter (2 e)
rooi kleursel

Metode:
1. Was en droog die appels af en steek ‘n stokkie in die stingelent.
2. Verhit al die ander bestanddele stadig, terwyl geroer word, om die suiker op te los.
3. Was die kristalle van die kant van die kastrol af met ‘n kwassie.
4. Kook die stroop tot die middelslagkraakstadium.
5. Haal van die hitte af en plaas die kastrol in kookwater oor stadige hitte.
6. Doop die appels een vir een in die stroop, bedek goed.
7. Laat regop staan in ‘n houer om af te koel.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.