Soorte resepte:

Resep: Vetkoek

Argieffoto

Argieffoto

Bestanddele:
500 ml lou water (2 k)
2 t suiker
2 t droëgis, gelyk
250 ml (5 x) meelblom (5 k)
10 ml sout (2 t)
25 ml olie (2 e)

Metode:
1. Roer suiker in lou water en gooi gis by.
2. Laat rys tot gis bo dryf.
3. Sif meelblom en sout saam.
4. Voeg olie by gis, meng met meelblom en knie goed.
5. Laat rys vir 50 minute.
6. Maak op in vetkoeke.
7. Plaas op oliegesmeerde blad.
8. Sit plastiek oor en laat weer vir 20 minute rys.
9. Bak in warm olie tot bruin.

Resep: Joey Pienaar
Dié resep is oorspronklik in Knuppeldik aan koningskos gepubliseer
Uitgewer: Knuppeldik Trust
Om die resepteboek, Knuppeldik aan koningskos, te bestel, kontak Carien Liebenberg by 0833199636

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Koolstoof

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae