Soorte resepte:

Resep-video: Speelklei

Speelklei (Foto: Maroela Media/Janie du Plessis)

Onthou jy nog hoe lekker jy met klei gespeel het? Maak dit nou vir jou  kinders!

Lewer 1 groot bal klei

Bestanddele:

  • 250 ml koekmeel
  • 152 ml sout
  • 15 ml kremetart
  • 250 ml water
  • 15 ml olie
  • kleursel

Metode:

  1. Gooi al die bestanddele saam in ʼn bak en roer goed.
  2. Mikrogolf vir 3 minute op hoog en roer weer.
  3. Mikrogolf vir 1 minuut en 30 sekondes op hoog en roer.
  4. Mikrogolf vir nog 1 minuut en 30 sekondes en roer weer.
  5. Vou die deeg in kleefplastiek toe en laat afkoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.