Soorte resepte:

Resep-video: Ontbyt-voupakkie

Ontbyt-voupakkie (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Ontbyt sonder enige skottelgoed!

1 porsie

Bestanddele

  • 1 wrap
  • 2 velle ham
  • kaas, gerasper
  • 1 eier
  • sout en peper

Metode

  1. Rol ʼn stuk foelie af en plaas die wrap plat daarop neer.
  2. Sit die ham en kaas ook daarop en maak ʼn holte in die kaas. Breek die eier in die holte en geur met sout en peper.
  3. Vou die wrap toe, sonder om die eier te breek en vou die foelie daarom.
  4. Bak vir 30 minute by 180 °C of tot die eiers na wense gaar is.

Net soos ʼn pannekoek met die beste resep nog steeds kan flop, kan Maroela nie pa (of ma!) staan vir enige van die resepte wat jy self by die huis probeer nie. Elke koppie meel, bakpoeier, melk, eier of enige ander bestanddeel is dus in jou eie hande en Maroela Media kan nie enige verantwoordelikheid aanvaar vir komplimente (of klagtes) oor jou kookvernuf nie. -Red

Deel van: Resep-video's

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

André-Chris ·

‘Wrap’ is Engels, voupakkie is Afrikaans, waarom volhard ons met leenwoorde uit Engels?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.