Soorte resepte:

Resep-video: Rykman-se-yskastert

Rykman-se-yskastert (Foto: Janie Monsieur)

Dít is beslis nie jou alledaagse yskastert nie.

Lewer 1 kleinerige tert

Bestanddele

KORS

  • 200 g (1 pak) Romany Cream-koekies, fyngemaak
  • 125 ml (½ k) botter, gesmelt

VULSEL

  • 250 g (sowat 40) malvalekkers
  • 400 g heelneutsjokolade, in blokkies
  • 125 ml melk
  • 250 ml room, styfgeklits

Metode

KORS

  1. Meng die fyn koekies met die gesmelte botter en druk dit vas in ʼn tertbord. Hou eenkant.

VULSEL

  1. Smelt malvalekkers, sjokolade en melk saam vir sowat 6 minute, of tot alles goed kan meng. Laat dit afkoel.
  2. Klits die room styf en vou dit by die afgekoelde malvalekker-mengsel in.
  3. Giet die mengsel oor die kors in die tertbak en laat stol in die yskas vir minstens 1 uur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.