Soorte resepte:

[Resep] Vrugtejellies

Vrugte-jellie

Vrugtejellies. Foto: Lekker en Vinnig

Hierdie resep klink heerlik en dit lyk ook pragtig. Dit is nou hoe ʼn vrugtekelkie moet lyk!

Lewer 12 porsies

Lemoen-en-bloubessiejellies

  • 500 ml appelsap
  • 30 ml gelatienpoeier
  • 6 klein nawellemoene, gehalveer
  • 140 g vars of bevrore bloubessies

Bosbessie-en-aarbeijellies

  • 500 ml bosbessiesap
  • 30 ml gelatienpoeier
  • 6 klein nawellemoene, gehalveer
  • 125 g aarbeie, skoongemaak en gekap

Metode:

  1. Verhit 200 ml van die appelsap tot kookpunt en roer die gelatien deur. Roer die mengsel met ʼn vurk tot die gelatien opgelos het.
  2. Voeg die oorblywende sap by en meng goed.
  3. Herhaal die proses met die bosbessiesap en gelatien.
  4. Sny die lemoen met ʼn skerp messie tussen die skil en die vlees. Skep die vlees uit en rangskik die lemoendoppe in ʼn muffinpan.
  5. Skep die bloubessies of aarbeie in die lemoendoppe en giet die jelliemengsels oor die vrugte.
  6. Laat die jellie vir minstens 4-5 uur in die yskas sodat dit kan stol.

Bron: Lekker en Vinnig – Vrugte
Uitgewer: Lapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hendrik ·

Niks nuuts my ma het dit gemaak vir ons verjaardae net in kwarte gesny

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.