Soorte resepte:

SA roomyswinkel die beste ter wêreld

(Foto: Instagram via Unframed Ice Cream)

ʼn Roomyswinkel in Kaapstad is pas aangewys as die winkel met die beste roomys ter wêreld.

Unframed Ice Cream in Kloofstraat in Kaapstad is ʼn boetiek-roomyswinkel wat spesialiseer in handgemaakte roomys in verskeie geure. Hulle maak ook sorbet en vegetariese roomys.

Dié winkel het onlangs bo-aan Big 7 Travel se lys van 50 beste roomyswinkels ter wêreld verskyn.

“Dit was nog altyd ons droom om die beste produk en ervaring na ons klante te bring; ons doen dit nie vir toekennings nie. Maar ons kan ons opgewondenheid nie beteuel nie; ons is trots dat ons ons deel kan doen om Kaapstad se naam hoog te hou,” het Unframed op Instagram gespog.

Big 7 Travel het in die aankondiging geskryf dat Unframed die beste roomyswinkel is, omdat dit gesonde roomys is wat in klein hoeveelhede en van die begin af handgemaak is. Hulle beveel die “Blue Coconut”-geur roomys aan.

“Dit is régte, volhoubare kos,” het Big 7 Travel geskryf. “Die roomys is ongelooflik, dit is gemaak met passie, en dit is uniek in geur en hoe ryk dit proe. Wanneer dit kom by die beste roomys ter wêreld, kry jy nie veel beter as dít nie.”

Ander lande soos Swede, Kanada en Italië maak ook ʼn verskyning op dié lys.

(Foto: Instagram via Unframed Ice Cream)

Hier is die tien top-roomyswinkels ter wêreld:

  1. Unframed Ice Cream – Kaapstad, Suid-Afrika
  2. Licc – York, Verenigde Koninkryk
  3. Bang Bang Ice Cream & Bakery – Toronto, Kanada
  4. FRYST – Stockholm, Swede
  5. Gelato Messina Circular Quay – Sydney, Australië
  6. Churn – Phoenix, Arizona, VSA
  7. Birds of Paradise Gelato Boutique – Singapoer
  8. Emilia Cremeria – Parma, Italië
  9. Giapo – Auckland, Nieu-Seeland
  10. Shubert’s Ice Cream & Candy – Chico, Kalifornië, VSA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Mel ·

Wat ‘n prestasie! Knap gedaan – en natuurlik goed vir besigheid. Almal sal nou wil gaan proe aan die beste roomys ter wereld. Knap gedaan!

Lalie ·

Die lekkerste roomys wat ek nog geeet het was by n plek tussen Strand en Gordensbaai.

Judge Dredd ·

So die beoordelaars het al die roomyswinkels in die wereld besoek ?

Muskiet ·

Wonder of die beoordelaars ‘n vakante pos het. Vra maar net.

Hoe nou? ·

Wat is ‘n vegetariese roomys? Vegetariërs eet nie vleis nie, so ‘n roomys sonder vleis? Maak nie sin nie.
Maar ja, wow, dis ‘n wonderlike prestasie. Knap gedaan.

Sanet Dicks ·

Hoe nou, hoe smile ek nou vir jou. Vegetatiese dieet behels baie meer as net nie vleis nie. Vegans eet geen suiwel of diereprodukte van enige aard nie. So melk is uit. Eiers ook. Dus as daar n lekker roomys is sonder diereprodukte is dit n hengse prestasie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.