Soorte resepte:

SA se Top-4 melktertbakkers aangewys

Adriaan Grobler is 'n Gauteng-finalis (Foto: Deeghuys)

Riaan Grobler is ‘n Gauteng-finalis (Foto: Deeghuys)

Die bobaasbakkers se melkterte is geproe, beoordeel en die Top-4 melktertbakkers in Deeghuys se Melktertkampioen-kompetisie is pas aangewys.

Michael van Niekerk, die stigter en direkteur van Deeghuys, sê melktert is by verre die gunsteling Suid-Afrikaanse nagereg én is boonop eg-Suid-Afrikaans.

Dié poeding se deugde word jaarliks op Nasionale Melktertdag, op 27 Februarie, besing. “Die reuk en die geur van ʼn melktert is vir baie mense nostalgies. Melktert bring natuurlik ook gesinne saam in die genotvolle ervaring van bak,” sê hy.

“Die kompetisie was straf en die keuses moeilik. Daar was ʼn proepaneel van ses mense en elke eienskap is deeglik in detail geëvalueer om die wenners aan te wys,” het Deeghuys in ʼn verklaring gesê.

Die sanger en televisieaanbieder Riaan Grobler en Rita Schuster is as die top-2 in Gauteng aangewys.

Liezel Olivia Hartzenberg en Martie Lamprecht is as die wenners in die Kaap gekies.

Die vier finaliste ding op 16 Maart in Kaapstad mee om die titel vir die beste melktertbakker.

Vir meer inligting, besoek Deeghuys se Facebook-blad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Janie Monsieur ·

Dagsê N Lourens,

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms Maroela Media

JJJ ·

JUL KAN BLY WEES EK WAS NIE DAAR NIE. DAAR SOU NIKS OORBLY OF WEES VIR DIE PROPANEEL NIE. EK WIL SO GRAAG OP DAAI PANEEL WEES JONG EK SOU JOU NOU KON SE WIE KAN OF KAN NIE

Dedré ·

Julle het nogi myne geproe nie! Wanneer hou julle kompetisie in Polokwane?

E.K. ·

Weg tydskrif het ook nog ‘n melktertkompetisie. Dalk moet die wenners van Deeghuys en Weg teen mekaar te stane kom? Ek sal darem nou so louwarm-uit-die-oond stukkie melktert waardeer hoor!

Hannah ·

Is Maroela M van voorneme om die resepte te publiseer…? Of is ek dalk nou besig om die boer die kuns af te vra ? Julle het by geleentheid uie-marmelade resep gegee -ek kry soveel komplimente daarvoor – ek wag vir nog so ietsie !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.