Soorte resepte:

SA sjef spog met gesogte restaurant-toekenning

v.l.n.r. Kevin Grobler, die hoof-sjef, Jan-Hendrik met die Michelin-ster en Rutger Eysvogel, die sous-sjef. Foto: www.eatout.co.za

v.l.n.r. Kevin Grobler, die hoof-sjef, Jan-Hendrik met die Michelin-ster en Rutger Eysvogel, die sous-sjef. Foto: www.eatout.co.za

Jan-Hendrik van der Westhuizen, ʼn Suid-Afrikaanse sjef en restaurateur wat tans in Frankryk woon, het Maandag die gesogte Michelin-ster ontvang.

Restaurateurs ontvang dié gesogte toekenning wanneer die algehele belewenis van hul restaurant, waaronder die kos, dekor én die ervaring, van absoluut hoogste standaard is. Dit is dikwels ʼn bron van kompetisie tussen verskeie restaurante, en verseker dat ʼn restaurant ná jare lange harde werk in die kollig geplaas word. Dié ster word vergelyk met die Oscars van die rolprentbedryf.

Dit val egter nie elke Jan Rap te beurt nie. Die gewilde TV-sjef Gordon Ramsay het reeds altesaam nege Michelin-sterre verwerf vir al sy restaurante.

Van der Westhuizen se restaurant, Jan, bedien fynproewers met onder meer eg Suid-Afrikaanse disse wat deur sy ouma geïnspireer is. Dié voormalige inwoner van Middelburg spog met geregte soos mosbolletjies, Kaapse saadbrood, mossels, malvapoeding en biltong op sy spyskaart. Sy restaurant het plek vir slegs 28 mense op ʼn slag.

Sy restaurant is ook in 2015 in Condé Nast se lys van 18 toprestaurante in die wêreld aangewys.

Moet egter nie verwag dat jy sommer vinnig by Jan kan inloer vir ʼn maaltyd nie. Volgens die webwerf Businesstech sal ʼn ete vir twee mense jou ʼn geraamde R1 840 uit die sak jaag.

Besoek Jan se webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eliza-beth ·

Sjoe, dis ‘n GROOT eer en baie geluk aan hom! Ek weet hoe streef restaurantuers na hierdie toekenning!

Eliza-beth ·

..ai toe slaan die disleksie in en ruil ek letters om – dit moet natuurlik restauranteurs wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.