Soorte resepte:

Sakpasresep: Ansie se ‘cowboy’-kos

uie_braai_sakpas.jpg

Foto: pixabay.com

Anna Kapp van Albertinia sorg vir dié week se sakpasresep. Sy sê: “Dit is ʼn heerlike, vinnige ete. Ek het die resep ongeveer 30 jaar gelede by my skoonsus, Ansie, gekry.” Wat dié ete ook so lekker maak, is dat enige soort vleis gebruik kan word.

Ongeveer 4 mense kan hiervan eet. 

Bestanddele

  • 2 uie, fyngekap
  • 200 g gesnipperde spek (ook heerlik met paar gesnyde Weense worsies of ʼn blikkie boeliebief)
  • 1 blik bone in tamatiesous
  • 15 ml suiker (opsioneel)

Metode

  1. Braai die uie tot sag.
  2. Voeg die gesnipperde spek (of enige ander vleis) by, en braai goed.
  3. Voeg die bone by, maak deurwarm.
  4. Indien verkies, kan 15 ml suiker ook deurgeroer word.

Heerlik saam met roosterbrood of kapokaartappels.

Wenk van die week: Moenie pampoenskille weggooi nie. Was dit en kerf soos groenbone. Kook saam met aartappels, maak fyn en voeg sout by. Dit smaak soos spinasie en is baie voedsaam.

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? Volgens die onderwysers kom 35% van kleuters honger skool toe.*

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?

SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.