Soorte resepte:

Sakpasresep: Appelkooshoender

sakpas_-appelkoos.jpg

Appelkoossap word gebruik in dié resep. (foto: pixabay.com)

Die sakpasresep van die week is ingestuur deur Liana Engelbrecht van Bethal. Dié gunsteling het sy by ʼn vriendin van haar gekry en is voorwaar elke keer ʼn wenner.

Bestanddele

  • 1 pak los hoenderstukke
  • 1 pakkie klein uitjies, geskil
  • 1 sakkie klein aartappels (met skil aan)
  • 1 pak knopiesampioene (button mushrooms)
  • 1 liter Liquifruit-appelkoossap
  • 1 pakkie bruin uiesop

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Plaas hoender in oondvaste skottel.
  3. Gooi aartappels, uie en sampioene rondom hoender.
  4. Meng die appelkoossap en bruin uiesop en gooi bo-oor die hoender.
  5. Bak in oond vir 1 en half uur

 Wenk van die week: 10 ml (2 teelepels) asyn kan in plaas van ’n eier gebruik word in gebak.

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? Meer as 40% van die kleuterskole wat deel uitgemaak het van die navorsing, kan nie bekostig om meer as een maaltyd te bied nie.*

Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Bokkie ·

Kan enige iemand vir my sê waar ek appelkoossap kan koop. Ek kry dit glad nie by ons plaaslike 4 groot supermarkte nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.