Soorte resepte:

Sakpasresep: Botterskorsie lekkerte

 Botterskorsie_Sakpas_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Susan Klopper deel een van haar eie resepte.  Dit is ʼn ete op sy eie en boonop vullend en baie goedkoop.  Jy kan ook lekker kreatief raak en die resep aanpas na gelang van wat jy in jou kas het.

Genoeg vir vier mense

Bestanddele

  • 2 mediumgroot botterskorsies (lemoenpampoentjies werk net so goed)
  • 1 blikkie boeliebief (enige ander oorskiet vleis kan ook werk)
  • 1 ui
  • Peper, rissies of enige ander geurmiddels na smaak
  • Kaas

Metode

  1. Stel oond op 180 grade.
  2. Kook die botterskorsies tot amper gaar.
  3. Braai intussen die ui en meng saam met die boeliebief. Geur na smaak.
  4. Verwyder die botterskorsies uit die water. Sny in die lengte oop en skep die pitte uit.
  5. Skep van die botterskorsie uit en meng saam met die boeliebiefmengsel.
  6. Verdeel die boeliebiefmengsel in vier en skep terug in die botterskorsie helftes.
  7. Plaas op ʼn bakplaat en strooi kaas bo-oor.
  8. Bak in die oond vir ongeveer 15 minute tot gaar.

Wenk van die week: Gebruik ou brood vir nageregte, vulsels, fondues, kaasstokkies of broodkrummels.

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? 24% van kleuters gaan slaap elke aand honger*

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?

SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

Die resep is verskaf deur Helpende Hand.
*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.