Soorte resepte:

Sakpasresep: Eenskottel hoender-en-rysgereg

 Sakpas_-Rys.jpg

Die resep bevat ‘n koppie rou rys (foto: pixabay.com)

Met hoender en rys kan jy ver kom!  Hierdie is een van daardie lekker resepte wat ʼn hele paar honger magies kan vol maak.

Bestanddele

  • 1 k rou rys
  • Hoenderstukke
  • 1 tot 2 k gemengde groente
  • 2 k water
  • 1 pakkie wituiesop
  • Uie in skywe gesny
  • Sout en peper na smaak

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 150 °C.
  2. Gooi rou rys onder in jou oondskottel en gooi die gevriesde groente oor.
  3. Pak die hoeder bo-op die rys- en groentemengsel en geur met die sout en peper.
  4. Maak die pakkie sop met water aan. Gooi bo-oor. Bedek met deksel.
  5. Sit in oond vir ongeveer ʼn uur en ʼn half.

Wenk van die week

Gebruik oorryp piesangs om piesangbrood van te bak. Piesangs kan ook gevries word vir latere gebruik. 

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!

Stophonger-logo.jpgVolgens die onderwysers kom 35% van kleuters honger skool toe*

Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

Die resep is verskaf deur Helpende Hand.
*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Annalise Bellingan ·

Ek wil graag die hoendergereg probeer maar waneer kom die koekmeel in?

Tania Heyns ·

Dagsê Annalise

Dankie vir jou navraag. Ons vra om verskoning vir die oorsig, daar word nie meel by dié resep gevoeg nie. Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Tania nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.