Soorte resepte:

Sakpasresep: Eier-en-hamgereg

Foto: pixabay.com

Dié week se sakpasresep is ook een van daardie resepte wat maklik aangepas kan word. Die ham kan byvoorbeeld vervang word met enige oorskietvleis.  Die hoeveelheid kaas kan ook aangepas word.

Lewer 4 porsies

Bestanddele

  • 30 ml olie
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 aartappels, in blokkies gesny
  • 12 skyfies ham
  • sout en peper na smaak
  • 250 ml gerasperde cheddarkaas
  • 4 eiers
  • 15 ml gekapte vars pietersielie

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180 °C .
  2. Verhit die olie en soteer die ui tot sag. Skep die ui uit en roerbraai die aartappels in dieselfde pan tot ligbruin.
  3. Voeg die ui, ham, sout en peper by die aartappelmengsel. Roer deur en soteer nog 5 minute.
  4. Roer die kaas by en skep in individuele bakkies.
  5. Maak ʼn holte met ʼn lepel in elke bakkie se inhoud.
  6. Breek die eier in elke holte en bak vir 20 minute of tot die wit van die eiers gestol het.
  7. Strooi die pietersielie bo-oor en sit voor.

Wenk van die week: Gebruik die sap van ingelegde vrugte in jellie. 

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? Volgens die onderwysers kom 35% van kleuters honger skool toe*

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?

SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

Die resep is verskaf deur Helpende Hand.
*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

 

 Resep: Lekker & vinnig, Sakpasgeregte uitgegee deur Lapa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.