Soorte resepte:

Sakpasresep: Isabel se visgereg

Foto: pixabay.com

Frik Lombard van Nigel, spog dié week met een van sy vrou, Isabel, se heerlike geregte. Dit is ʼn resep wat hy die eerste keer onder haar leiding aanmekaar geslaan het. Hy was aanvanklik skepties, maar toe hy eers proe, kon hy nie ophou eet nie. Die resep kan ook maklik aangepas word na gelang van die hoeveelheid mense wat saam eet.

Ongeveer 4 mense kan hiervan eet.

Bestanddele

  • 1 blikkie sardyne in tamatiesous (die grate verwyder)
  • 1 k rys (wat gekook word)

Kaassous

  • 3 e koekmeel
  • 3 e margarien
  • sout na smaak
  • gerasperde kaas
  • 300 ml melk

Metode kaassous

  1. Sif die meel en voeg die margarien by.
  2. Mikrogolf vir ongeveer 30 sekondes tot margarien lekker sag en meng goed.
  3. Gooi melk in ʼn 2 liter houer en mikrogolf vir ongeveer 2 minute. Hou net dop sodat die melk nie oorkook in die mikrogolf nie.
  4. Gou nou die melk bietjie vir bietjie by die meel-en-margarienmengsel en roer goed met elke byvoeging.
  5. Hou so aan tot die meelmengsel loperig is.
  6. Mikrogolf die melkmengsel vir ʼn minuut. Haal uit en roer goed. Herhaal tot die mengsel dik word. Gewoonlik na so drie minute is die mengsel gereed.
  7. Gooi nou die sout en kaas by. Roer totdat die kaas gesmelt is.

Dien só op

Skep rys op elke bord vir die aantal mense wat gaan saam eet, dan die sardyne en bo-oor die kaassous.

Wenk van die week: Moenie die sous van blikkiesgroente wegspoel nie; gebruik dit in sop of sous. 

Het jy ʼn lekker sakpasresep?

Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!


Stophonger-logo.jpgHet jy geweet? 24% van die kleuter kry nie saans kos nie en gaan slaap honger.*

Wil jy tot Helpende Hand se #StopHonger-veldtog bydra om die nood van behoeftige kleuters* te verlig?

SMS die woord STOP na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.

*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.