Kool is nou nie juis almal se gunstelinggroente nie. Tóg kan daar getoor word om kool in ʼn heerlike dis te omskep.
Bestanddele
- 1 groot koolkop, in repies gesny
- 3 uie, gekerf
- olie vir braai
- 1 blik boeliebief, fyngedruk
- 1 k blatjang
- sout en peper na smaak
- ½ k ertjies
Metode
- Braai uie en kool in ʼn bietjie olie tot amper gaar.
- Voeg boeliebief en blatjang, sout en peper by en roer. Laat 5 minute liggies prut.
- Gooi ertjies by vir kleur.
Die boeliebief kan ook vervang word met oorskietvleis, soos maalvleis of selfs hoender.
Wenk van die week: Beetblare kan soos spinasie gekook en geëet word. Eersgenoemde is ryk aan yster.
Het jy ʼn lekker sakpasresep?
Stuur gerus jou resep vir ons en as Maroela jou resep publiseer, ontvang jy ʼn lekker geskenkpakkie!
85% van behoeftige kleuters daag ná ʼn naweek honger by hul kleuterskole op.*
Wil jy bydra om die nood van behoeftige kleuters te verlig?
SMS die woord “STOP” na 38969 (SMS kos R10) en dra by tot ʼn kosblikkie vir ʼn behoeftige kleuter of besoek hul webtuiste.
*Bron: Helpende Hand Hongersnoodverslag, Aug18
Die resep is verskaf deur Helpende Hand.